ALBERTA, KANADA. – DonnaJean Wilde (58) van Kanada het onlangs die Guinness-wêreldrekord gebreek vir die persoon wat die langste in ’n plankposisie kan bly. Sy het vir 4 uur, 30 minute en 11 sekondes in die posisie gebly.
Wilde se rekord is tien minute langer as die vorige rekord van 2019. Sy het die rekord gebreek tydens ’n funksie by Magrath High School waar sy voorheen as adjunkhoof gewerk het.
Haar motivering om die rekord te breek, was glo haar 12 kleinkinders. Wilde het begin om plankoefeninge te doen nadat sy ’n gewrigsbesering opgedoen het.
Ter voorbereiding het sy tot 6 uur per dag geplank. Volgens haar was die laaste uur die uitdagendste deel.
ICYMI: This week we announced DonnaJean Wilde as the woman to hold the longest female plank at over four and a half hours! 💪 pic.twitter.com/na4mPZ7LZO
— Guinness World Records (@GWR) March 31, 2024
Bronne: Guinness World Records, CBS, ABC, People, Twitter





