KYK: Paaie na Ellisras weens vloede vir verkeer toegemaak

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Citizens Emergency Group

Beeldmateriaal in berig.

LIMPOPO. – Paaie by Lephalale (Ellisras) is weens vloedwater vir verkeer gesluit. Die R510 by Palm Park, D3110 by die Olifant-woonbuurt en die Tamboti-brug, wat die R518 met Lephalale verbind, is onbegaanbaar.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid het vandag (Dinsdag) omstreeks 10:00 die aankondiging van die paaie wat toe is op sosiale media gemaak.

Daar word aanbeveel alternatiewe roetes moet gebruik word, of reis wat nie nodig is nie, moet liefs uitgestel word.

Die beeldmateriaal is van die Citizens Emergency Group en is 6 kilometer buite Lephalale op die Thabazimbipad geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief