KYK: Pereira en Procházka red UFC303

Lees ook :

Nadat MMA-aanhangers vir drie jaar uitgesien het na Conor McGregor se terugkeer na die oktogoon, is hulle drome verpletter toe hy twee weke voor sy geveg weens ‘n gebreekte toon moes onttrek.

Gelukkig was Alex Pereira en Jiří Procházka bereid om op kort kennisgewing in te spring en die vegkaart te red. Dit sal die tweede keer wees wat hierdie twee gladiators mekaar aanvat, en die eerste keer was uiters opwindend om te beleef! Jiří is uit op wraak en wil sy titel terugwen wat hy voorheen besit het.

Die geveg is beskikbaar op SuperSport op DSTV, waar die hoofkaart om 04:00 Sondagoggend sal begin.

Bert en Schalla praat in hulle potgooi oor die geveg, en wie dalk hierdie keer die oorhand mag hê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief