KYK: Polisie vernietig brug om onwettige mynbedrywighede te bekamp

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Die polisie het ‘n selfgemaakte brug oor die Limpoporivier, minder as ‘n kilometer oos van die Beitbrug-grenspos, vernietig.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê die brug was vir onwettige mynaktiwiteite, onwettige smokkel van mense na en uit Zimbabwe, asook die onwettige smokkel van goedere gebruik. Die brug is tydens grenspolisiëringslede se patrollering van die grensheining ontdek. Hulle springstofeenheid het die brug met kundigheid vernietig, voor die reënseisoen ‘n aanvang neem.

“Die grenspolisiëringslede wat in Limpopo-provinsie ontplooi is, vorm deel van Operasie Vala Umgodi, die regering se reaksie om onwettige mynbedrywighede in die land aan te spreek.”

Van Wyk sê Operasie Vala Umgodi het in Desember 2023 ‘n aanvang geneem en bestaan uit die polisie, die nasionale weermag, die departement van minerale hulpbronne en energie, die departement van binnelandse sake en ander wetstoepassingsagentskappe.

“Hierdie multi-dissiplinêre operasies word uitgevoer in die sewe geïdentifiseerde brandpunt-provinsies, naamlik; Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief