KYK: Polisiekollege inderhaas ontruim

Lees ook :

Foto: Op lêer

GAUTENG. – Meer as 2 500 polisielede is inderhaas van die SAPD se Tshwane-opleidingsakademie in Pretoria as voorsorgmaatreël ontruim nadat ‘n aangrensende sakeperseel se gaspyplyn ontplof het.

Brig. Athlenda Mathe sê die polisielede sluit rekrute, opleidingsbeamptes en gespesialiseerde eenhede van die Natjoints Coordination Centre (NCC), wat ook in die opleidingskollege geleë is, in.

Wat ook bekend staan as die voormalige Pretoria-Wes-polisiekollege is op advies ontruim. Deskundiges is nog besig om die vuur onder beheer te bring.

“’n Operasionele sentrum wat uit verskeie kenners bestaan, is onder bevel van lt.genl. Tebello Mosikili, die adjunk- nasionale kommissaris vir polisiëring, op die been gebring.

Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het gesê die veiligheid van die rekrute en ander lede is ‘n prioriteit en die voorsorgmaatreël is om lewens te bewaar.

“Die nasionale kommissaris verseker die publiek van die veiligheid van polisierekrute, asook diegene wat by die opleidingsakademie en verskeie eenhede werk,” sluit Mathe af.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief