KYK: Polisiestasie het wel ‘n werkende drukker – sê polisie

Lees ook :

Foto: Google

Beeldmateriaal in berig.

GAUTENG. – Die Wonderboompoort-polisiestasie in Pretoria hét volgens ‘n woordvoerder, anders as wat op sosiale media beweer word, wel ‘n werkende drukker. Blades and Outdoor – South Africa het glo op 13 Desember volgens die video hier onder ‘n drukker oorhandig.

Brig. Brenda Muridili sê die polisiebestuur in Gauteng is teleurgesteld oor die bewerings van ‘n drukker wat aan die polisiestasie geskenk is, omdat die stasie glo sedert November 2023 sonder ‘n werkende drukker moet funksioneer.

Muridili sê die sosialemediaplasings oor die aangeleentheid is misleidend en vals. Sosialemediagebruikers word gevra om hulle te weerhou daarvan om verkeerde inligting te versprei. Die polisiestasie het nog altyd ‘n werkende drukker gehad en dienslewering was nog nooit deur ‘n foutiewe drukker benadeel nie.

Wonderboompoort-polisiestasie is in twee geboue gebaseer wat ‘n aantal blokke van mekaar geleë is.

In die video kan gehoor word hoe gesê word die probleem van die drukker bestaan na maande steeds. ‘n Probleem met die skakelbord van die polisiestasie word ook uitgelig.

Op die plasing van Blades and Outdoor – South Africa is daar in die kommentaar oor die drukker reageer.

In die kommentaar is nog ‘n probleem by ‘n brandweerstasie geopper.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief