VATIKAAN. – Die Vatikaan het aangekondig pous Franciskus se begrafnis sal om 10:00 plaaslike tyd op Saterdag 26 April in St Petersplein plaasvind.
Lees ook: Kardinale vergader vandag oor pous Franciskus se begrafnisreëlings
Volgens die Vatikaan sal pous Franciskus se liggaam Woensdagoggend na St Peters-basilika geneem word vir die publiek om hulle laaste eerbetoon aan hom voor die begrafnis te bewys.
Die liggaam sal ná die begrafnis na die pouslike basilika, Santa Maria Maggiore, geneem word om begrawe te word.
Nege dae van rou is ingestel na pous Franciskus gister (Maandag) oorlede is.
Bronne: BBC, Vatican News, Sky News
Lees ook: Kardinale vergader vandag oor pous Franciskus se begrafnisreëlings





