KYK: Riana Nel stel nuwe enkelsnit ‘Kies’ vry

Lees ook :

Foto: Francois Olivier

Riana Nel, die geliefde Afrikaanse sangeres, is terug met ‘n enkelsnit wat as poprock beskryf word, wat uit die jare 40’s, 70’s en hedendaags beïnvloed is.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê die liedjie is ‘n kragtige poprock getuienis van keuses. “Met haar unieke stem en eerlike lirieke maak Riana Nel ’n triomfantelike terugkeer na die musiektoneel met haar splinternuwe enkelsnit, Kies.”

“Mens maak baie keuses in die lewe, maar die twee belangrikste is met wie jy trou, en wie jou red. As jy jou keuses op vrede bou, val al die ander in plek. Ek kan sonder twyfel sê dit is die waarheid vir my – en ook die rede vir my vreugde en sekerheid. Ek voel net dinge gaan vinnig agteruit in die wêreld. Dis nie meer so rein soos die 40’s of vredevol soos die 70’s nie. Wie se hand gaan jy vashou aan die einde? Ek verkies om my eie liedjies te skryf, want my hart is vol stories. En om my kindertjies te hoor saamsing in die huis voor die liedjie nog eers uit is, dit is vir my alles! Ek glo kinders moet kan saamsing. Ek sien soveel jongmense wat reg verby die rooi ligte stap, en ek dink dis omdat niemand hard genoeg rigting wys nie.

Nel sê voorts met Kies bring Riana nie net musiek nie, maar ’n boodskap wat sy self met oorgawe leef.

Met haar kinders wat Kies kan saamsing, is die liedjie vir haar ‘n familie-ervaring. En alhoewel sy nie weet hoe haar luisteraars gaan reageer nie, het Riana haar hele hart in Kies gesit. “As dit goed genoeg is vir my, my man en my kinders, en ek het my beste gegee, dan glo ek dis goed genoeg vir ander ook.”

Kies is deur New Ending Media, wat ook Ek Wonder en Wat Nou? behartig het, vervaardig.

Nel sê die musiekvideo wat op Jacques du Plessis se grond by S2N Mining in Rayton verfilm is, is nie alledaags nie. Die video wat geskep is, is volgens hom sowel dramaties as betekenisvol.

“Ons het letterlik ’n stel afgebrand! Ja, TikTok gaan dit seker verban, maar die wêreld gaan brand – en my vraag is: het jy iets gekies wat nie gaan brand nie? Ons het ’n ou klavier gebrand – iets wat ek nog altyd wou doen! En danksy Wimpy Cowan en Wessel Pretorius was die vlamme iets om te sien. Vriende het saamgewerk aan die stel, geverf, gebraai en die nag deur gelag. Dis sulke mense wat die proses die moeite werd maak,” sê Riana.

Kies kan hier op alle stroomdienste gekry word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief