KWAZULU-NATAL. – Inwoners van Richardsbaai is keelvol vir swak dienslewering en het uit protes vullisdromme in Essenwoodweg geplaas.
Henning de Wet, DA-raadslid vir die gebied, het in ‘n opvolgplasing ‘n video-opname gedeel en gesê sewe voertuie van die verkeersdepartement is na die area ontbied waar die vullisdromme staan.
“Two more traffic vehicles arrived. This bring the total response to 7 traffic vehicles. They are now a large number of traffic officers standing, staring at refuse bins.”
De Wet het in sy oorspronklike sosialemediaplasing waar hy foto’s van die protesaksie deur inwoners gedeel het gesê hulle is keelvol omdat die munisipaliteit geskeduleerde datums om vullis te verwyder bly mis. Die munisipaliteit mis ook alternatiewe datums wat ingestel is.
“Refuse collection delays, fleet shortages, extremely overgrown grass, blocked and overgrown stormwater systems and curbs, overgrown trees, broken playgrounds, and faulty streetlights are all just some of the many service delivery failures we are facing.”
Volgens De Wet het die gemeenskap hulle keerpunt bereik.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





