KYK: Rob verdoof en van kant gemaak

Lees ook :

Video en foto's: Michael de Nobrega

Waarskuwing: Die video kan vir lesers ontstellend wees.

WES-KAAP. – ’n Rob wat ernstige ongemak verduur het en sedert Maandag dopgehou is, is op Bayviewstrand in Hartenbos uitgesit nadat haar toestand nie verbeter het nie.

Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T) sê na deeglike konsultasie met dr. Frans de Graaff, ‘n plaaslike veearts, marienekundiges en relevante owerhede, is daar besluit dat die mees menslike opsie sou wees om die rob van kant te maak. Volgens die betrokkenes is ’n nuwe protokol gevolg om stres vir die dier te verminder. Die rob is op ’n veilige wyse gevang, verdoof en op die strand in ’n kalm en beheerde omgewing uitgesit.

Die Garden Route DBV in Mosselbaai het ’n sleutelrol in die proses gespeel. “Ons is ongelooflik dankbaar teenoor die span van Garden Route SPCA Mosselbaai, wie se kundigheid deurslaggewend was in die proses. Hul professionaliteit en medelye het verseker dat die dier nie gely het nie, en ons is trots op die samewerking tussen ons twee organisasies,” is in ’n verklaring gesê.

Video en fotokrediet: Michael de Nobrega

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief