KYK: Ruhan du Toit groet 2025 met ‘n nuwe enkelsnit ‘Totsiens’

Lees ook :

Foto: Hendri Fourie

Ruhan du Toit het sy nuwe enkelsnit Totsiens vrygestel waarmee hy 2025 op ’n ligter noot afsluit. Die liedjie fokus op verandering en die rol wat mense speel om moeilike tye te verlig.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê volgens Du Toit is die liedjie geskryf vir oomblikke wanneer iemand ondersteuning nodig het. “Partykeer in die rofste tye het jy net daai een iemand nodig wat alles kom verander, sodat jy ‘cheers’ kan sê vir die slegte tye,” het hy gesê.

Du Toit wou die jaar afsluit met musiek wat ’n positiewe gevoel skep. “Ons almal het dinge wat ons graag wil agterlaat – en Totsiens gee jou daardie lekker gevoel van afsluiting én nuwe begin. Dis ’n liedjie waarna mens kan luister as jy verlief is, of net klaar is met alles wat sleg was.” Hy voeg by dat die liedjie daarop gemik is om luisteraars op te hef. “Ek hoop dit bring lig en vrolikheid – iets wat jy sommer enige tyd van die dag kan aansit om jou gemoed te lig.”

Die liedjie kom uit die penne van Georic Lomas en Marco van Deventer, wat onlangs met die Aitsa-toekenning vir liedjieskrywer van die jaar weggestap het. Die nuwe enkelsnit kombineer kontemporêre klanke met lirieke wat op inspirasie fokus. Saam met die enkelsnit word ’n musiekvideo uitgereik. Die video volg ’n “rehearsal”-styl benadering sonder dat die orkes of videograaf die liedjie vooraf gehoor het. “Dit het die verfilming ongelooflik natuurlik gemaak,” het Du Toit gesê. Die opname het by Upper East Side in Hazelwood, Pretoria plaasgevind, met Eric Graham en sy span aan die produksie.

Nel sê hierdie bekendstelling dien as verdere bevestiging van Du Toit se teenwoordigheid in die Afrikaanse musiekbedryf.

Totsiens kan op alle stromingsplatforme hier gekry word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief