Kyk: Sikloon Gamane eis 11 lewens

Lees ook :

Kyk: 11 sterf tydens sikloon Gamane. Foto: FranceInfo

MADAGASKAR. – Sikloon Gamane wat Woensdag die noordooste van Madagaskar in die Indiese Oseaan getref het, het tot dusver 11 mense se dood veroorsaak.

Ongeveer 7 000 inwoners is deur die sterk wind en hewige reën beïnvloed. Ses mense het verdrink en vyf is dood toe geboue ineengestort het.

Volgens Elack Andriakaja van die BNRGC is die stadige beweging van die sikloon die rede vir die verwoesting. “Wanneer die sisteem op een plek stop, verwoes dit alle infrastruktuur en veroorsaak erge vloede.”

Die sikloon hou geen gevaar vir Suid-Afrika in nie, aangesien dit teen Vrydag weer ooswaarts sal beweeg.

Bronne: Cyclocane, Crisis 24, Channelstv

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief