MADAGASKAR. – Sikloon Gamane wat Woensdag die noordooste van Madagaskar in die Indiese Oseaan getref het, het tot dusver 11 mense se dood veroorsaak.
Ongeveer 7 000 inwoners is deur die sterk wind en hewige reën beïnvloed. Ses mense het verdrink en vyf is dood toe geboue ineengestort het.
Volgens Elack Andriakaja van die BNRGC is die stadige beweging van die sikloon die rede vir die verwoesting. “Wanneer die sisteem op een plek stop, verwoes dit alle infrastruktuur en veroorsaak erge vloede.”
Die sikloon hou geen gevaar vir Suid-Afrika in nie, aangesien dit teen Vrydag weer ooswaarts sal beweeg.
Tropical Cyclone #GAMANE made landfall in Ampisikinana, Vohémar #Madagascar earlier today. @MadaRedCross volunteers are bravely stepping up, standing by communities through thick and thin. In Sambava, due to the rising waters, we have mobilized motor pumps to mitigate the risks. pic.twitter.com/SP6ZgWj9vy
— María Martínez (@MariaMercedes_M) March 27, 2024
🇲🇬🌊 Al menos 11 muertos en Madagascar a causa del ciclón Gamane
— Sputnik Mundo (@SputnikMundo) March 28, 2024
Al menos 11 personas perdieron la vida durante el paso del ciclón Gamane por Madagascar, informa el periódico Madagascar Tribune pic.twitter.com/FIESF8i0R9
Gamane a fait d'importants dégâts à Madagascar. Images. pic.twitter.com/PWSynjLODL
— Réunion la 1ère (@reunionla1ere) March 28, 2024
Bronne: Cyclocane, Crisis 24, Channelstv