Video-opname in berig
Simon Cowell, wat geen bekendstelling nodig het nie, was in trane met die oudisie van Mzansi Youth Choir uit Soweto wat aan America’s Got Talent, Seisoen 18, deelneem.
Die groep het hulself voorgestel en genoem dat hul stigters 20 jaar gelede deur jongmense gekaap was en dit die voetstuk was om die koor te begin om die jeug iets anders as misdaad te gee waarop hulle kon fokus.
Die koor het It’s OK van Nightbirde wat gedurende Februarie 2022 op die ouderdom van 31 aan kanker gesterf en ook deel van die program was, as ‘n huldeblyk gedoen.
Die koor het ‘n “Golden Buzzer” vir hul optrede ontvang.
Nightbirde, oftewel Jane Marczewski, het die beoordelaars in 2021 diep geraak nadat sy ten spyte van kanker aan die program deelgeneem het. Die Mzansi Youth Choir het ‘n staande ovasie ontvang met die beoordelaars wat hulle omhels en gelukwens.
Mitch Marczewski, Nightbirde se broer, het so op die huldeblyk reageer:
“Jane would be so proud. Simply amazing,” he wrote on his Instagram story on May 30. “Thank you @mzansiyouthchoir and @agt for a beautiful tribute.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





