UMHLANGA, KZN. – ’n Video doen tans die rondte van ’n man wat sy selfoon kwyt is nadat dit uit sy hand gegryp word terwyl hy besig met ’n oproep is.
In die video kan daar gesien word hoe die man in ’n relatief besige straat voor ’n winkel met ’n selfoongesprek besig is. Van agter hom kom ’n individu wat sy selfoon gryp en laat spaander.
Volgens die beeldmateriaal het die voorval Donderdagoggend plaasgevind.
Volgens Streetwise Defence kan jy verhoed dat jou selfoon gesteel word deur nie jou selfoon oop en bloot te gebruik nie en bewus van jou omgewing te wees. Hulle raai ook aan dat daar opsporingsagteware op jou selfoon gelaai word.
Die volgende video is deur Yusuf Abramjee op X gedeel:
Phone snatching: Umhlanga, KZN.#CrimeWatch pic.twitter.com/06ly4GVbXI
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) May 24, 2024
Bronne: X – Yusuf Abramjee, Streetwise Defense





