KYK: Sokkerklub spreek hartseer oor gedrag by wedstryd uit

Lees ook :

Foto's: Mamelodi Sundowns FC en ESPN Africa

GAUTENG. – Mamelodi Sundowns FC het hartseer uitgespreek oor ‘n bakleiery wat op 1 April by die CAF Champions League se kwarteindstryd teen Espérance de Tunis op Loftus gebeur het. Te midde van die chaos het ‘n Sundowns-ondersteuner ‘n Espérance-ondersteuner, wat aan ‘n stadionmuur gehang het, na veiligheid gehelp.

“In ooreenstemming met ons Afrika-kultuur van deernis en empatie (ons Afrika-kultuur van ubuntu) word daar egter van ons verwag om Espérance de Tunis en sy ondersteuners om verskoning te vra, aangesien die bandelose gedrag by ons tuisstadion plaasgevind het, ten spyte van die video’s en feite wat aandui dat die Sundowns-ondersteuners nie die bandelose gedrag begin het nie.”

Sundowns sê die onbeheersde gedrag wat uitgebreek het, word met video-opnames op sosiale media versprei. Dit het tot opsetlike skade aan die stadion gelei, waartydens gesien kan word fakkels en pepersproei word op dié klub se ondersteuners gebruik wat hulle daarvan weerhou om gewelddadig op te tree.

Die sokkerklub sê dit het volle vertroue in die ondersoek om die omstandighede vir die gedrag te identifiseer en wag op ‘n volledige verslag van die wedstrydkommissaris. Die klub werk saam met die CAF se ondersoek in dié verband.

“Espérance de Tunis is ‘n gerespekteerde sportinstelling in Afrika en ons vertrou dat sodra al die bewyse hersien is, ons broers en susters by Espérance ook hierdie gedrag aan die kaak sal stel en die nodige stappe sal neem om te verseker dat die volgende ontmoeting een is waar alle ondersteuners veilig en welkom voel.”

Bronne: Mamelodi Sundowns FC, ESPN Africa en Espérance de Tunis

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief