Kyk: Sonja Herholdt sit weer skop in Harlekyn

Lees ook :

Kyk Sonja Heroldt sit weer skop in Harlekyn. Foto: Facebook

Die verrassing was vir Sonja Herholdt groot toe Universal Musiek aankondig hulle gaan ’n remix van haar ou treffer, Harlekyn vrystel.

Die liedjie het vir die eerste keer in 1979 verskyn. Nou, 45 jaar later, kan luisteraars weer behoorlik litte losmaak op die liedjie wat meer ritme bygekry het. Herholdt het destyds ’n goue toekenning daarvoor gekry.

“Toe ek dit hoor, was ek so opgewonde daaroor, want dit laat jou voete jeuk en sit ’n glimlag op jou gesig,” sê Sonja. Die lied is as remix saam met Sensasie uitgereik.

Luister hier na die remix.

Bronne: Universal Musiek, Sonja Herholdt – Musiek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief