KYK: Sou Jy? vra ONS met nuwe enkelsnit

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen

Die Afrikaanse musiekduo ONS – bestaande uit Marco van Deventer en Ruvé Erasmus – het hul nuutste enkelsnit, Sou Jy?, bekend gestel. Die lied volg ná die sukses van hul vorige treffers en handel oor die emosies en vrae wat dikwels oorbly ná ’n verhouding se beëindig is.

Volgens Fanie Nel van die Coleske Groep delf die lied in die kompleksiteit van verhoudings wat nie uitwerk soos beplan nie. Hy sê die snit vra ’n vraag waarmee baie mense kan identifiseer: as ’n mens die tyd kon terugdraai en sekere keuses verander, sou jy dit doen?

Die lied is deur Van Deventer, Erasmus en Georic Lomas geskryf en bly getrou aan die kenmerkende klank van die duo, al raak dit aan ’n tema wat hulle nog nie voorheen sterk in hul musiek verken het nie. Saam met die vrystelling van die snit is daar ook ’n visuele weergawe geskep om die emosie van die lied te versterk. Die opname is by Doxa Deo se ateljee gedoen.

“Die storie gaan daaroor dat verhoudings partykeer net nie uitwerk nie. Vir watter rede ook al – partykeer is dit net nie die regte tyd of plek nie. En dit was net nie bedoel om te wees nie. Dit is nie lekker nie, maar ’n mens moet dit aanvaar,” verduidelik Marco. Volgens Ruvé raak die liedjie ook aan ’n baie persoonlike stuk van hulle eie verhaal. Marco en Ruvé was self in ’n verhouding, maar dinge het uiteindelik nie tussen hulle uitgewerk nie.“Niemand beplan om op te breek nie, maar dit gebeur en dan sit jy met vrae oor wat as…,” sê Ruvé.

“Sou Jy?” is tans beskikbaar op stroomplatforms soos Apple Music, Spotify en Deezer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief