Kyk: SpongeBob SquarePants binnekort in Afrikaans

Lees ook :

Kyk SpongeBob SquarePants binnekort in Afrikaans. Foto: PrimeVideo

Who lives in a pineapple under the sea? As jy die eerste sin saamgesing het, het jy al van SpongeBob gehoor. Binnekort sal jy die karakter in Afrikaans op die kassie hoor praat.

Nickelodeon Africa het aangekondig drie seisoene van SpongeBob SquarePants gaan in drie tale bekendgestel word as deel van hulle Nick in your language-inisiatief ter viering van hulle 25ste bestaansjaar. Hierdie inisiatief se doel is om inheemse tale te bevorder.

Die Engelse en Zoeloe-weergawes is al in sommige Afrika-lande uitgesaai, maar dit sal binnekort vir die eerste keer in Afrikaans uitgesaai word.

Volgens Dillon Khan, vise-president van Comedy Central, Nickelodeon, Studios and Creative Services, sê dit is die eerste keer dat hulle ’n program in Afrikaans sal uitsaai.

SpongeBob SquarePants sal weekliks vanaf 17 Junie op NickToons (DSTV-kanaal 308) om 8:00 en 15:00 te sien wees. Kykers sal die taal van voorkeur by die opsie-knoppie op hulle afstandbeheer kan kies.

Bronne: Nickelodeon Africa, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief