Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Staptog op Leeukop eindig noodlottig

Foto: Skermgreep video-opname Table Mountain Experience Fb-blad
Foto: Skermgreep video-opname Table Mountain Experience Fb-blad

KAAPSTAD. – ’n Stapper is Donderdag ná ‘n val op ‘n Leeukop-staproete, binne die Tafelberg Nasionale Park, dood.

Luidens ‘n verklaring deur SANParke is nooddienste kort ná die voorval ontbied en ’n gesamentlike reddingsoperasie is onmiddellik van stapel gestuur. Ten spyte van die vinnige en gekoördineerde reaksie is die stapper dood verklaar.

Die voorval is vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig. Uit respek vir die familie het SANParke geen verdere besonderhede oor die oorledene bekend gemaak nie.

SANParke het hul innige meegevoel betuig aan die familie, vriende en geliefdes van die oorledene en hul dank uitgespreek teenoor alle rolspelers wat betrokke was. Dit sluit in Wilderness Search and Rescue (WSAR), SANParke-veldwagters en lugsteun, die Air Mercy Services, asook die publiek, stappers en ooggetuies wat verklarings afgelê het.