KYK: Stemboodskappe uit puin ná tempel ineenstort

Lees ook :

Foto's en video's: Reaction Unit South Africa, KZN VIP Protection Services en IPSS Medical Rescue

Verskeie foto’s en video’s in berig.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vierverdieping tempel-konstruksie in Redcliffe, naby Verulam het Vrydag ineengestort. Rusa sê stemboodskappe vir hulp is deur vasgekeerdes vanuit die puin gestuur. Die soektog is Vrydagaand gestop, maar vanoggend voortgesit.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê daar word sedert 05:00 vanoggend (Saterdag) na oorlewendes in die puin gesoek. Vyf vasgekeerdes kon gered word. Volgens dié diens het agt persone aanvanklik matige tot ernstige beserings opgedoen toe hulle deur die vallende puin getref is. Met die gebou wat onstabiel is, is die soektog na oorlewendes tot vanoggend uitgestel.

Die struktuur het volgens Rusa glo meegegee terwyl klaar gemengde sement gebruik is. Die kontrakteur was glo nie ten tyde van die voorval op die terrein nie, daarom is dit onseker hoeveel persone beseer is. Verskeie dienste is op die toneel teenwoordig en werk saam.

KZN VIP Protection Services sê beseerde persone is saam met Rusa na hospitale vervoer.

Tydens ‘n onverwante voorval het ‘n 64-jarige persoon wat die rampgebied besoek het, aan ‘n hartaanval gesterf.

IPSS Medical Rescue het foto’s gedeel om te wys hoe moeilik dit is om in die puin by oorlewendes uit te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief