KYK: Sterkste man in die wêreld net hier in Suid-Afrika

Lees ook :

Foto's: SBD World's Strongest Man en Gayton Mckenzie

Rayno Nel (30), ‘n boorling van Upington, het die naweek die gesogte titel van die sterkste man in die wêreld in Sacramento in die VSA ingepalm. Terwyl verskeie mense wêreldwyd vir hulle eie redes oor die teenwoordigheid van die sterktste man in hulle lewens wens, behoort hierdie titel nou aan ‘n stoere Afrikaner wat voorheen vir die Cheetahs rugby gespeel het.

Die verwerwing van die 48 jaar oue titel is hierdie keer geskiedkundig, aangesien dit Nel se eerste deelname aan die finaal van die kompetisie was en ook die eerste keer wat die persoon met die sterkste spiere nie uit Noord-Amerika of die Verenigde Koninkryk kom nie, maar wel uit die Suidelike Halfrond.

Gelukwensinge stroom in en Nel se naam is op almal se tonge. Hy het op 16 Maart met Monja in die huwelik getree.

Die Hoërskool Duineveld het so met hul oud-leerder gespog: “OUD-VELTIE PRESTEER – Rayno Nel (matriekklas 2013) het geskiedenis gemaak by die onlangse 2025 se “World’s Strongest Man”-kampioenskappe in Sacremento, Kalifornië, VSA. Die kompetisie was sterk, maar Rayno het die oorwinning met ‘n 0.5-punt behaal om as die eerste Afrika-WSM-wenner gekroon te word. Duineveld is baie trots op Rayno se besondere prestasie as internasionale atleet en wens hom alle voorspoed toe met sy volgende toernooi. Veltie Guts is orals. Trots Velties. Altyd Velties. Pure Veltie. Baie geluk.”

Die regering het ook met trots gesê: “HISTORY MADE! Congratulations to Rayno Nel, Africa’s first-ever World’s Strongest Man champion! With a jaw-dropping 0.5-point victory, South Africa’s powerhouse shocked the world and claimed the crown in one of the biggest upsets in WSM history! Africa stands proud!”

Gayton Mckenzie het ook ‘n stuiwer in die armbeurs gegooi met: “Rayno Nel just became the first South African in history to become the world’s strongest man.”

Dirk Kotzé, die burgemeester van Mosselbaai, sê: “Hy is nie net Afrika se eerste kampioen nie, maar ook die eerste nuweling sedert 1997 wat wen! ’n Ongelooflike prestasie vir Suid-Afrika en die hele vasteland! Nel sluit aan by ’n lang lys van Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse spanne wat die Suid-Afrikaanse vlag hoog hou!”

Bronne: SBD World’s Strongest Man, Good Things Guy, Facebook, Rayno Nel, Hoërskool Duineveld, PTC Headquarters,

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief