KYK: Substasie brand, gedeeltes van Pretoria sonder krag

Lees ook :

Foto: Skermskoot van video Malcolm Ian de Klerk

Kyk video in berig

GAUTENG. – Die Waltloo-substasie se transformator wat net na middernag aan die brand geslaan het, het wye kragonderbrekings in Pretoria veroorsaak. Die brand word ondersoek.

Die stad Tshwane sê in ‘n verklaring sy nooddienste het die brand geblus, maar sê verskeie substasies en gebiede is geraak nadat ’n 132kV-lyn by Rooiwal-kragstasie afgeskakel het. Dit het ’n impak gehad op die Pyramid-, Pumulani- en die helfte van Koedoespoort-substasies.

Daarbenewens het die 132kV-busskakeling by die Njala-substasie weer afgeskakel. Dit het die Mooikloof-, Wapadrand-, Waltloo-, Mamelodi- en die ander helfte van die Koedoespoort-substasie geraak. ’n Tegniese span is reeds op die toneel by Waltloo om die skade aan transformator 1B te bepaal. Nog ’n span is na Njala-substasie gestuur.

’n Opdatering het bevestig dat die 132kV-busskakeling by Njala weer aangeskakel is en dat lyn 2 herstel is, wat beteken dat Mooikloof en Wapadrand-substasies weer aan is. Die ander substasies sal egter af bly totdat die skade by Waltloo-substasie volledig geëvalueer is.

Tegnici is besig om die skade by die Waltloo-substasie te bepaal om die nodige materiaal vir herstelwerk te bekom. Dit is volgens die verklaring nie seker wanneer die kragtoevoer herstel sal wees nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief