Kyk: Taylor Swift snak na asem, aanhanger sterf in hitte

Lees ook :

Foto's: TMZ

In ‘n video van ‘n aanhanger in die gehoor by Taylor Swift se Eras-konsert Vrydagaand in Rio de Janeiro kan gesien word hoe die popster na haar asem snak.

‘n Aanhanger, Ana Clara Benevides Machado, het voor die aanvang van die konsert sleg gevoel. Sy is eers deur paramedici gehelp en daarna na ‘n hospitaal geneem waar sy gesterf het.

“I want to say now I feel this loss deeply and my broken heart goes out to her family and friends.”

Die oorsaak van Machado se dood is nie bekend nie, maar daar word berig aanhangers wat die konsert bygewoon het, was nie toegelaat om ten spyte van die hitte water die stadion in te neem nie.

Nie net het Swift Saterdagaand se konsert uitgestel weens die hitte nie, maar die burgemeester het sekere veranderinge voor die volgende twee konserte van die organiseerders geëïs. Konsertgangers sal toegelaat word om kos en water by hulle te hê en noodhulp- en waterstasies sal beskikbaar wees.

In sommige video-opnames kan gesien word hoe Swift na aanhangers wys aan wie haar personeel water moet uitdeel.

Bronne: ABC News, Extra, Daily Mail en TMZ

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief