KYK: Tornado in KwaZulu-Natal

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue

Waarskuwing: Kru taalgebruik in video.

KWAZULU-NATAL. – Video’s en foto’s van ‘n tornado wat die area van Tongaat en omliggende areas getref het, word op sosiale media versprei.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue sê hulle spanne is na die area ontplooi, nadat berig van huise wat beskadig is en strukture wat in duie gestort het, ontvang is.

Sommige van die video-opnames blyk in Utrecht te wees.

Laerskool Maidstone het die ongevalle-versamelpunt geword. Mediese spanne is mobiel om beseerdes by te staan. Reddingspanne werk steeds op verskeie plekke en help mense in ineengestorte strukture.

Mense word gevra om by hulle huise te bly en nie op die paaie tussen Tongaat en Ballito te ry nadat ‘n tornado die gebied getref het nie, aangesien daar puin op padoppervlaktes is.

Foto’s en video’s is deur IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue voorsien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief