KYK: Transitorooftog – omstanders doodgeskiet, verdagte vas

Lees ook :

Foto: Arrive Alive

Video in berig!

GAUTENG. – Twee omstanders is Maandag tydens ‘n transitorooftog in Barry Maraisweg in Dawn Park doodgeskiet.’n Verdagte is in hegtenis geneem.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring ’n kontantwa is van agter deur ’n silwer Mercedes-Benz gestamp, wat veroorsaak het dat die kontantwa op ‘n Quantum-taxi met sewe insittendes omgeslaan het. Vyf insittendes moes mediese behandeling vir beserings ontvang.

Ongeveer agt verdagtes het die kontantwa opgeblaas en met ’n onbekende bedrag geld gevlug. Skote is tussen die verdagtes en ’n veiligheidsmaatskappy, wat in die omgewing was en gereageer het, geskiet. Twee omstanders is in die kruisvuur vasgevang en noodlottig getref. Die polisie het die publiek gemaan om nie tonele van kontantrooftogte te nader nie en ook nie te probeer om geld wat uit die voertuie waai, op te tel nie. Die gemeenskap word versoek om altyd waaksaam te wees en enige misdaad aan te meld.

Nevhuhulwi sê inligting is van misdaadintelligensie gekry, waarna Gauteng-hoofwegpatrollie, saam met die Ekurhuleni-metropolisiedepartement, vinnig op ‘n verdagte by ‘n veilige huis in Rondebult toegeslaan het.

“Die span het’n geweer, vyf magasyne met ammunisie, inkbevlekte geldnote en twee voertuie, ’n silwer Mercedes-Benz en ’n BMW, wat vermoedelik tydens die misdryf gebruik is, gevind,” het Nevhuhulwi gesê.

Die polisie is steeds op soek na die oorblywende verdagtes en ondersoeke duur voort.

Foto’s: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief