Die advertensiereguleringsraad (ARR) het bevind die troeteldierverskereingsmaatskappy, Dotsure, se onlangse advertensie is onvanpas vir uitsending. Twee klagtes is by die raad ingedien wat Dotsure daarvan beskuldig dat hulle bangmaaktaktieke gebruik om hulle produk te bemark.
Na bewering behels die advertensie werklike geluide en klanke van ’n huisbraak. In die advertensie word ’n gesin gewys wat praat oor hoe hul hond een van die twee kinders probeer beskerm het tydens ’n gewapende huisbraak en geskiet is. Ontstellende besonderhede van die hond se beserings is in die advertensie te sien.
Die ARR het bevind dat die advertensie nie geskik is vir kinders nie, en op die vrese van volwassenes inspeel.
Een van die klaers het gemeen die meeste volwassenes in die hedendaagse Suid-Afrika is bang vir huisinbrake en dat dit by kinders die vrees sal aanwakker dat hulle honde of ander troeteldiere geskiet kan word.
Daar is bevind dat minder traumatiese beskrywings gebruik kon word om steeds dieselfde trefkrag met die advertensie te hê.
Kyk hier na die advertensie:
Bronne: EWN, Dotsure, Youtube





