Kyk: Tshwane-metropolisie vang Zimbabwe-bus in wilde jaagtog

Lees ook :

Foto's en skermgrepe uit die video: iHarare

GAUTENG. – ’n Zimbabwiese bus, Sable Class, is Maandag na ’n intense jaagtog op die N1-Suid naby OR Tambo- internasionale lughawe vasgetrek.

’n Video wat deur ’n buspassasier geneem is, wys hoe ’n Tshwane-metropolisievoertuig die bus van die pad probeer aftrek. Die insittendes moedig egter die busbestuurder aan om verder te ry.

Isaac Mahamba, Tshwane-metropolisiedepartement se woordvoerder, het verduidelik die bus is aanvanklik vir ’n roetine-inspeksie op die R21 afgetrek. Die busbestuurder het net teen ‘n hoë snelheid verby die aftrekpunt gery.

Die metropolisie het die bus vir ongeveer 15 km agternagesit voordat dit uiteindelik suksesvol tot stilstand gebring is.

In die video kan daar gesien word hoe die bus ’n vragmotor verbysteek, waarna die vragmotor blykbaar besluit om te help om die bus te stop.

Daar is 65 passasiers binne die bus gevind, waarvan die meerderheid nie die nodige dokumentasie gehad het nie. Hulle het selfs nadat die bus tot stilstand gedwing is, die drywer aangemoedig om agteruit te ry en te probeer wegkom.

Die bestuurder is op die toneel vir roekelose en nalatige bestuur, die vervoer van onwettige immigrante en die nalaat om vir die polisie te stop in hegtenis geneem.

Kyk die video hier:

Bronne: News Panther, iHarare, Zimetro, Twitter  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief