OHIO, VSA. – Motoriste moes Saterdag briek aandraai toe twee polisieperde in Cleveland ontsnap en die Ohio 90-snelweg aangedurf het.
Beeldmateriaal wys hoe die twee perde teen die verkeer in hardloop en deur polisielede gevolg word.
Volgens sers. Wilfredo Diaz van die Cleveland-polisiediens het die twee perde tydens ’n roetine-oefensessie van hulle pad afgedwaal en op die snelweg beland. Hulle is veilig terug na hulle stalle begelei.
Motoriste het die polisie geprys vir hulle vinnige optrede om die perde na veiligheid te neem.
Bronne: BBC, AP News, SkyNews, Twitter
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: