KYK: Twee vermeende transitorowers deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

PHOENIX, KWAZULU-NATAL. – Twee verdagtes wat vermoedelik Maandagmiddag by ‘n transitorooftog op Kranskop betrokke was, is vanoggend deur die polisie, nie ver van Phoenix-polisiestasie nie, doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê polisielede was sedert die transitoroof op soek na die vermeende rowers. Die polisielede het deurnag gewerk en uiteindelik die verdagtes by Bhamshela in Tontaat opgemerk. Hulle het glo nie gehoor gegee aan bevele om te stop nie en ‘n hoëspoedjaagtog het ontstaan. Op die Phoenix-hoofweg het die verdagtes met hulle voertuig teen ‘n lamppaal vasgejaag, uitgespring en op die polisie begin skiet. ‘n Oor-en-weer-skietery het tot die dood van twee verdagtes gelei. Een van die verdagtes is reg langs die verdagte voertuig doodgeskiet en een in ‘n huis waar hy geskuil het, terwyl hy steeds op die polisie geskiet het. Nog ‘n verdagte met skietwonde is later by ‘n woonstel in hegtenis geneem. Die polisie volg tans bloedvlekke in bosse op soek na nog verdagtes.

Nabygeleë hospitale en mediese sentrums is van die skietery ingelig en versoek om die polisie in kennis te stel indien enigiemand met skietwonde vir hulp sou opdaag.

Netshiunda sê drie gewere, ‘n pistool, ammunisie en ‘n onbekende bedrag geld is in die verdagtes se besit gevind.

Al is nie een polisielid gewond nie, het ‘n polisievoertuig onder koeëlreën deurgeloop.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris in die provinsie, was op die toneel.

Enigiemand met inligting word versoek om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief