KYK: Twee vroue tydens huisroof oorval

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video deur Reaction Unit South Africa gedeel

KWAZULU-NATAL. – ‘n Huisroof, waartydens ‘n ma (63) en dogter (43) oorval en beroof is, het Donderdagoggend in Trenance Park voorgekom. Die insident is op CCTV-kamera vasgevang.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die diens was onderweg na ‘n sakeroof in Waterloo toe inligting van ‘n huisroof in Walnut Grove ontvang is. Van die reaksiebeamptes is na die huisrooftoneel gestuur en het net na 08:30 op die misdaadtoneel aangekom. Hulle is ingelig die verdagtes het in ‘n sjampanjekleurige Suzuki met ‘n BF-registrasienommer gevlug.

“Daar is verder vasgestel die 43-jarige vroulike slagoffer is deur vier mans met vuurwapens voorgekeer nadat sy ‘n vullissak gaan uitgooi het. Hulle het haar in haar woning ingedwing, waar haar 63-jarige ma ook gekonfronteer is. ’n Vyfde verdagte het in die wegkomvoertuig agtergebly. Die rowers het waardevolle items geëis en met juweliersware, twee selfone, kontant en ‘n TV weggejaag. Die slagoffers is nie beseer nie.”

Rusa-beamptes het sonder sukses na die verdagtes gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief