KYK: Verskeie sakepersele toegemaak, waarvan ‘n bakkery weens kakkerlakke

Lees ook :

Foto: Dr. Nasiphi Moya - skermskoot van video

Beeldopnames in berig.

GAUTENG. – Die Pick n Pay in Blu Valley Centre in Centurion is Vrydag deur die Stad Tshwane saam met die uitvoerende burgemeester vir die nakoming van regulasies besoek en geïnspekteer, waarna dit gesluit is.

Dr. Nasiphi Moya, die uitvoerende burgemeester van Tshwane, het verskeie video’s op haar X-profiel gedeel. Sy sê tydens die inspeksie van Pick n Pay se bakkery was kakkerlakke duidelik te sien waar gebak is. Moya sê gesondheidsregulasies is oortree. Werknemers het ook glo aangetrek in ‘n ruimte waar kos gestoor word, wat onwettig is.

Buiten Pick n Pay is die Stardust Internet Kafee toegemaak, waar daar na bewering onwettig gedobbel is. Nadat Pick n Pay toegemaak is, is inligting van onwettige dobbelary ontvang. Toegang tot die perseel is aanvanklik eers geweier, maar toe oopgestel.

By Pizza Perfect is ongedokumenteerde buitelanders, sommige agter yskaste, aangetref. Moya het in die video hier onder aangedui dit is die tipe besighede wat die ekonomie vernietig en waarom daar nie vir plaaslike persone werk is nie. Die pizzawinkel is ook gesluit en al die buitelanders is van die perseel verwyder.

Moya sê voorts reg langs die sentrumbestuur se kantoor is ‘n kamer met matrasse aangetref, waar konstruksiewerkers glo snags slaap.

Nuusflits het kommentaar van Pick n Pay, Blu Valley Mall se sentrumbestuur en Pizza Perfect gevra.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief