Kyk video: Drie kritiek en nog beseer in restaurantskietery

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Action Bulletproof

Video in berig!

Die video-opname is deur Action Bulletproof en Ground Zero Search and Rescue gedeel.

Action Bulletproof sê dat ‘n vriend voor sy dogter geskiet is. Die vriend het ‘n operasie ondergaan en is besig om aan te sterk.

Denzil Govender van Ground Zero Search and Rescue het Michael Mzansi en Kyle van Reenen (nasionale woordvoerder) van Emer-G-Med, wat eerste op die toneel was, asook nooddienste wat op die toneel gehelp het bedank en genoem dat die restaurant vir ‘n paar dae gesluit sal wees.

Die video is van ‘n skietvoorval wat Donderdagaand 30 Maart 2023 na 19:00 by Andrea’s Restaurant, Browns Driftpad in Umbeni Park, Durban Noord, KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Drie persone is kritiek met verskeie skietwonde beseer, terwyl nog drie wat probeer vlug het geringe tot matige beserings opgedoen het.

Gevorderde lewensondersteunende intervensie was nodig om hulle te stabiliseer voordat hulle vir verdere mediese behandeling na nabygeleë hospitale geneem is.

Na bewering het ‘n onbekende aantal gewapende rowers die restaurant binnegegaan en lukraak begin skiet.

Emer-G-Med, Netcare 911, Greenwood Park-SAPD, Marshall Security, GPF Sub-Sektor 4, NHW lede van Umgeni Park, asook Independent Crisis Team se dames en ander nooddiens-personeel was op die toneel.

Omstandighede wat tot die skietvoorval gelei het, sal deur die betrokke owerhede ondersoek word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief