https://twitter.com/i/status/1663932442032349184
In ‘n video-opname wat op sosiale media te sien is, kan gesien word hoe drie persone op ‘n sypaadjie stap.
‘n Persoon in ‘n wit baadjie loop tot by hulle en skiet twee skote op die persoon aan die regterkant.
Die persoon wat geskiet is, val net daar neer terwyl die skieter in die wit baadjie in die teenoorgestelde rigting vlug.
FiND iT het op 25 Mei 2023 berig van ‘n vrou wat naby Wynberg-landdroshof doodgeskiet is:
‘n Onbekende vrou is op 25 Mei 2023 omstreeks 10:45, op die hoek van Kerk- en Broadystraat in Wynberg, doodgeskiet.
Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê forensiese deskundiges is steeds besig om die toneel te fynkam.
Voorlopige ondersoek dui aan dat die oorledene in die straat naby die hof gestap het toe daar na bewering lukraak op haar deur onbekende gewapende mans geskiet is.
Sy is getref en het op die toneel aan haar beserings gesterf. Mediese personeel het haar dood verklaar.
Die motief vir die moord is deel van die polisie-ondersoek.
Enigiemand wat inligting oor die voorval het, kan met Stop Misdaad by 08600 10111 in verbinding tree of Wynberg-speurtak nader.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





