Kyk video-opname: Bemanningslid met mediese probleem van skip ontruim

Lees ook :

Foto: NSRI

‘n Indonesiese bemanningslid (60) met ‘n ernstige mediese probleem is Woensdagoggend 31 Mei 2023 deur die NSRI van ‘n groot vaartuig, ongeveer 7 seemyl van die kus wes van Groenpunt, ontruim.

Marc de Vos, NRSI-Tafelbaai se diensbestuurder, sê hul diensbemanning en EMS Metro Control is Dinsdag 20:58 in kennis gestel om vir die ontruimingsoperasie voor te berei.

Die vaartuig waarop die Indonesiese bemanningslid was, is van die diepsee na Kaapstad herlei.

Verskeie rolspelers het deel van die koördinering en logistieke beplanning van die ontruimingsoperasie gevorm. Die operasie is in onstuimige see met ‘n deining van ongeveer 3 meter in werking gestel.

NSRI-reddingspanne het aan boord van die vaartuig gegaan.

Die pasiënt, wat in ‘n ernstige toestand was, is die sorg van die mediese skeepsbemanning en die NSRI-reddingspan in ‘n Stokes-mandjie-draagbaar vasgemaak en in ‘n tegniese operasie op die NSRI-reddingstuig oorgeplaas.

Hy is na die Robbeneiland Gateway-kaai gebring, waar hy in ‘n Netcare 911-ambulans oorgeplaas en na ‘n hospitaal vervoer is.

Alle betrokkenes is vir hulle vinnige diens tydens die noodontruimingsoperasie, geloof.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief