Nie vir sensitiewe lesers nie!
Die SAPD is op soek na slagoffers wat na bewering deur lede van die SAPD aangerand is.
Dit wil lyk asof die voorval op die N1 naby Fourways plaasgevind het.
Brig. Athlenda Mathe sê die polisiebestuur is bewus gemaak van die video wat op sosialemediaplatforms gedeel word.
Die slagoffers word gesoek sodat verklarings van hulle verkry kan word terwyl ‘n interne departementele ondersoek aan die gang is.
‘n Voorlopige ondersoek dui aan dat die voertuie en mans in die video aan die SAPD behoort en dat die persone SAPD-lede is.
Mathe sê die SAPD distansieer homself van hierdie tipe gedrag wat uitgebeeld word en nie strook met die waardes en gedragskode van die SAPD nie. Volgens die gedragskode word daar van lede verwag om die uiteengesette waardes en beginsels te handhaaf, insluitend integriteit, professionaliteit, aanspreeklikheid en respek vir menseregte.
Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het die gedrag van die lede veroordeel.
“Members of the SAPS are meant to uphold and protect the fundamental rights of every person and exercise the powers conferred upon them in a responsible and controlled manner. Such action cannot be condoned regardless of the circumstance,” sê Masemola.
Die slagoffers word aangemoedig om met brig. Athlenda Mathe by 082 040 8808 vir ondersoek-doeleindes kontak te maak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.