KYK: Vier sterf toe voertuig beheer verloor

Lees ook :

Foto: Skermgreep video-opname Arrive Alive

GAUTENG. – Vier mans het gister gesterf toe die motor waarin hulle op die M1-suid gery het net voor Empireweg in Parktown, Johannesburg, beheer verloor en die pad byster geraak het.

Die voertuig het gerol en op die dak van ‘n nabygeleë Toyota-handelaar te lande gekom. Die voertuig, wat in stukke gebreek het, se voorkant het tussen kantore wat nie op grondvlak geleë is nie, te lande gekom.

Al vier die persone in die voertuig is dood verklaar. Die oorledenes was almal van Limpopo – drie van Polokwane en een van Mokopane. Drie van die oorledenes het in Johannesburg studeer.

Brandweer- en reddingstegnici was op die toneel teenwoordig. Die ongeluk was vermoedelik die gevolg van versnelrenne (drag racing).

Foto: Vaal Times

Foto: Vaal Times

Bronne: Arrive Alive en Vaal Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief