’n Video is onlangs deur SA Trucker op hul Facebook-blad gelaai van ’n BMW wat 309 km per uur ry.
Die video word deur ’n passasier afgeneem. Hy neem die spoedmeter af wat op 309 km staan. In die video kan gesien word hoe die bestuurder die stuurwiel met ’n gemaklike houding vashou.
Dit is nie duidelik wanneer of waar die video geneem is nie. Volgens SA Trucker is die motor op ’n Suid-Afrikaanse snelweg afgeneem.
Video of a motorist driving a BMW M3 at 309km/h in a 120 zone surfaces on social media. @TrafficRTMC @rtia_aarto pic.twitter.com/F5n4sgYCDv
— CrimeInSA (@sa_crime) May 6, 2024
Bronne: SA Trucker, Facebook, X





