KYK: Vragmotor tref 18 motors

Lees ook :

Foto's: Tshwane Emergency Services Department DEPARTMENT
GAUTENG. – ‘n Vragmotor was vanoggend omstreeks halfagt op die N14-hoofweg net na die R55-afrit in Centurion met 18 ligtemotorvoertuie in ‘n ongeluk betrokke.

Volgens CERT het 24 persone, onder wie kinders, geringe beserings opgedoen. Mediese personeel op die toneel het passasiers geassesseer en in ‘n stabiele toestand na hospitale vervoer.

Omstandighede van die ongeluk word deur owerhede ondersoek.

Charles Mabaso, van Tshwane Emergency Services Department, sê die ongeluk het in Thatchfield gebeur. Die verkeer op die N14-hoofweg in ‘n noordelike rigting was heeltemal tot stilstand gebring. Motoriste word aangeraai om tot verdere kennisgewing alternatiewe roetes te gebruik.

CERT het Netcare911, Emer-G-Med (Pty) Ltd, ER24 EMS (Pty) Ltd., Gauteng Emergency Medical Services, Tshwane Emergency Services Department, Tshwane Metropolitan Police Services, Gauteng Traffic Police, Emergency Medical Solutions, Fun cure, Smart-Medics, First Help Towing Services, Precision Towing Services, Monitor Net, NoordVaal Security, Fidelity ADT, Secure Fire, Scorpion Risk Services, en talle ander dienste vir hulle ondersteuning op die toneel bedank.



Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief