MICHIGAN, VSA. – ’n Hawelose vrou (34) wat vir langer as ’n jaar ongesiens op ’n winkelsentrum se dak gewoon het, is onlangs ontdek toe kontrakteurs ’n elektriese kabel wat nie daar gehoort het nie, opgemerk het.
Die vrou het agter die Family Fare Store se winkelteken gewoon. ’n Rekenaardrukker, koffiemasjien en rekenaar is in die vertrek gevind.
Plaaslike polisie het geen idee hoe die vrou op die dak gekom het nie, aangesien daar geen leer naby die dak gevind is nie. Die vrou het wel toegang tot die klein kamertjie via ’n deur gekry.
Die vertrek is sowat 12 vierkante meter. Net nadat sy ontdek is, het sy owerhede beloof om die vertrek binne 24 uur te ontruim. Volgens berigte het sy die heeltyd om verskoning gevra en genoem dat dit vir haar ’n veilige plek was om te bly.
Owerhede het aan haar inligting van ondersteuningsdienste gegee. Sy is nie weer na haar ontruiming gesien nie.
Die volgende video wys hoe sy ontdek is:
Bronne: Global News, NBC, The US Sun, YouTube





