Kyk: Vrou neem liggaam na bank om lening te teken

Lees ook :

Kyk Vrou vat lyk na bank om lening te teken. Foto: The Independent

Waarskuwing: Die video by die berig is nie vir sensitiewe kykers bedoel nie.

RIO DE JANEIRO, BRASILIË.– Eika de Souza Vieira Nunes, ’n Brasiliaanse vrou, is in hegtenis geneem nadat sy die liggaam van ’n dooie man in ’n bank ingestoot sodat hy saam saam met haar ’n lening kan aangaan.

Die voorval het in die Bangu-woonbuurt van Rio de Janeiro plaasgevind. Volgens die bankpersoneel het Nunes met die liggaam in die rolstoel, dié van Paul Roberto Braga, gepraat en hom aangemoedig om die leningskontrak te teken. Sy wou ’n lening van ongeveer R65 000 aangaan.

Van die bankpersoneel het onraad vermoed en die plaaslike owerhede geskakel. Nunes het selfs ’n pen in die man se hand gesit en sy kop reg geposisioneer. Hy het egter nie gereageer nie. In ’n video wat deur bankamptenare geneem is, noem sy hom haar oom.

Nunes is op die toneel in hegtenis geneem. Sy sal van poging tot diefstal en vir lykskending aangekla word. Hulle gaan ook bepaal wanneer Braga oorlede is en of hy werklik haar oom is.

Die volgende video van die voorval word versprei:

Video: Alerta Mundial

Bronne: SkyNews, The Independent, Global News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief