KYK: Vrou wat hardloop met ‘n afgesnyde koeikop gekroon as ‘Looter of the year 2022’

Lees ook :

KYK: Vrou wat hardloop met 'n afgesnyde koeikop gekroon as 'Plunderaar van die jaar 2022'
KYK: Vrou wat hardloop met 'n afgesnyde koeikop gekroon as 'Plunderaar van die jaar 2022' foto: MSN

’n Vrou is die titel van “Plunderaar (looter) van die jaar 2022″ gegee nadat sy afgeneem is waar sy hardloop met ’n afgekapte koeikop, geplunder van ’n vragmotor wat in ’n ongeluk betrokke was.

Luidens ’n berig het die ongeluk op die N4 gebeur toe ’n vragmotor wat koeikoppe vervoer het in ’n ongeluk betrokke was.

Daar word berig niemand is beseer nie.

’n Verkeersbeampte wat langs die vrou hardloop en die hele petalje verfilm, word ook in die video gesien.

Terwyl amptenare nog probeer vasstel waar dit gebeur het, het sosialemediagebruikers pret met die video gehad.

Sommige sê die vrou het haar prioriteite uitgesorteer. Sy was duidelik in die middel van ‘n haarafspraak toe sy van die ongeluk gehoor het en het begin hardloop.

Bronne: Times LIVE, MSN, Twitter

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Eskom blameer inwoners vir nege maande sonder krag

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief