Lees ook: Beskuldigde in Lusikisiki-skietery laat vaar borgaansoek
LUSIKISIKI. – Die laaste verdagte in die saak oor die Lusikisiki-skietery het gister in die Lusikisiki-landdroshof verskyn na hy op 5 Januarie 2025 in hegtenis geneem is.
Songezo (Mashiya) Vuma is 5 Januarie in hegtenis geneem op ’n bus op pad na Kaapstad na hy sedert die skietery op 28 September 2024 aan die vlug was.
Vuma het sy borgaansoek laat vaar. Hy en die sewe ander beskuldigdes in die skietery sal op 17 Februarie 2025 in die hof verskyn.
Bronne: IOL, eNCA, The Citizen
Lees ook: Beskuldigde in Lusikisiki-skietery laat vaar borgaansoek