Laat aanlyn aansoeke vir gr. 1 & 8 sluit Donderdag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Laat aanlyn aansoeke vir leerlinge se toelating tot gr. 1 en gr. 8 wat vanaf 11 Desember 2024 oop is, sluit op 30 Januarie in dié provinsie.

Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse onderwysdepartement, sê ouers wat nie aanlyn aansoeke vir hulle kinders kon indien nie, is gedurende hierdie tydperk geakkommodeer. Indien leerlinge nog nie in ‘n skool geplaas is nie, word die ouers aangeraai om die webwerf www.gdeadmissions.gov.za voor die sluitingsdatum te besoek.

Altesaam 157 406 gr. 1-leerlinge en 168 452 gr. 8-leelinge is geplaas van aansoeke wat vanaf 11 Julie tot 14 Augustus ontvang is. 32 587 laat aansoekers is onmiddellik geplaas. Met die aanvang van die laataansoekproses was ongeveer 1 500 skole uit 2 079 beskikbaar.

“Om laat aansoekers verder te akkommodeer, het die GDO ‘n bykomende aantal satellietskole gestig wat meer as 4 417 plekke in hoëdrukgebiede, waar laat aansoeke gekonsentreer is, voorsien. Hierdie satellietskole het kritieke verligting vir ouers gebied, omdat hulle meer leerders suksesvol geakkommodeer het wat andersins sonder plek sou wees. Satellietskole beklemtoon die departement se strategiese pogings om kapasiteitsuitdagings aan te spreek en te verseker dat elke leerder toegang tot kwaliteit onderwys het.”

Mabona herinner ouers daaraan dat aansoek vir ander grade direk by die skole of distrikte gedoen word.

“Ons pogings om alle navrae en plasings by ons kantore aan te spreek, vorder doeltreffend, met merkbare vermindering in die lengte van toue, aangesien ons voortgaan om alle ouers en voogde te help om ‘n plek vir hul kinders te verseker. Ons pleit by ouers om satellietskole te ondersteun, aangesien hulle die departement help ​​om druk in sommige gebiede te verlig,” het Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief