Lande dreig met aksie ná Netanyahu sê Israel gaan Gaza oorneem

Lees ook :

Lande dreig met aksie na Netanyahu sê Israel gaan Gaza oorneem fotokrediet: X

GAZA. – Die VK, Frankryk en Kanada het aangekondig hulle gaan aksie neem teen Israel ná die land se Eerste Minister, Benjamin Netanyahu, gesê het sy land gaan Gaza oorneem.

Lees ook: Israel sê dit sal ‘basiese hoeveelheid’ kos in Gaza toelaat

Dit volg ná Netanyahu gesê het ’n “basiese hoeveelheid kos” sal in Gaza toegelaat word nadat hy deur internasionale druk gedwing is om humanitêre hulp in Gaza toe te laat. Hy het ook Maandag gesê Israel gaan “die hele Gaza-strook oorneem”.

Die leiers van die onderskeie lande het gesê hulle gaan “aksie” neem as Israel nie hul militêre aanvalle stop en hulp in Gaza toelaat nie. Hulle het ook hul ondersteuning uitgespreek vir ’n skietstilstand en vir ’n “twee-staat oplossing”.

Hulle het bygevoet hulle staan enige poging om nedersettings in die Wesoewer uit te brei teen en het dit as onwettig bestempel.

Netanyahu het op sy beurt die lande se leiers daarvan beskuldig dat hulle ’n “groot prys bied” aan Hamas-vegters wat Israel op 7 Oktober aangeval het en dat dit ‘n uitnodiging is om nog sulke aanvalle te loods.

Die buitelandse ministers van Duitsland, Italië, Japan en nog 18 lande het geëis dat Israel weer ten volle humanitêre hulp in Gaza toelaat.

Bronne: Euronews, CNN, CBC

Lees ook: Israel sê dit sal ‘basiese hoeveelheid’ kos in Gaza toelaat

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief