Brekende Nuus
Afrikaans

Lasbrief uitgereik vir man wat glo niggies doodskiet

'n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van 'n man wat gesoek word vir sy beweerde betrokkenheid by die skietdood van sy niggies.

Sibonelo Xulu
Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Sibonelo Xulu (30) word vir sy beweerde betrokkenheid by ‘n dubbele moord van sy niggies deur die Melmoth-polisie se speurtak gesoek.

Lt.kol. Nqobile Gwala sê dit is tans onbekend waar die verdagte hom bevind, maar ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming is deur Melmoth-landdroshof uitgereik.

Na bewering het Xulu op 19 November ‘n huis binnegegaan en twee vroue van 20 en 33 jaar geskiet. Een van die vroue het op die toneel gesterf, terwyl die ander een in die hospitaal oorlede is.

Die verdagte het uit die area gevlug.

Enigiemand met inligting oor waar die verdagte hom bevind, kan sers. Nzuza by 064 540 6911 bel.

Bron: SAPD