[t4b-ticker]

Lasbriewe vir inhegtenisneming vir ontslane polisielid uitgereik

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Vier lasbriewe is vir die inhegtenisneming van voormalige konst. Khabo James Lephatsoe (32) deur die hof uitgereik. Lephatsoe het nie vir ‘n verhoor vir beweerde korrupsie, afpersing en regsverydeling opgedaag nie.

Kapt. Stephen Thakeng sê Lephatsoe en nog ‘n verdagte het na bewering op 11 Januarie 2018 ‘n klaagster in Welkom genader om haar vir ‘n goudstof-verwante misdaad in hegtenis te neem. Instede is sy vir R300 000 afgepers wat in ‘n banktransaksie na ‘n rekening oorgeplaas is. Op 9 Junie 2021 het die verdagte weer die klaagster genader om te help om haar man, wat as verbode immigrant in hegtenis was, vir R10 000 vry te laat. Die geld is aan die verdagte betaal.

Op 17 Februarie 2019 het hy ‘n staatsvoertuig aan ‘n siviele persoon geleen wat in Meloding met die voertuig in ‘n ongeluk betrokke was. Lephatsoe is na die ongelukstoneel ontbied en het glo voorgegee hy het die voertuig bestuur. Die vriend wat die voertuig bestuur het, het glo skuldig gepleit en Lephatsoe is van regsverydeling aangekla. Op 12 Mei 2021 het hy ‘n staatsaanklaer R5 000 aangebied om ‘n dossier oor seksuele aanranding te laat verdwyn. Die geld sou van die familie van die verdagte in die saak gekom het. Lephatsoe is van korrupsie en regsverydeling aangekla.

Thakeng sê nadat Lephatsoe nie die hof vir vier sake bygewoon het nie, is vier lasbriewe vir sy inhegtenisneming uitgereik.

Enigiemand wat weet waar Lephatsoe hom bevind, kan speur.sers. Vusimuzi Ngomane by 071 683 8477 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief