GAUTENG. – Kaiden Bowie, ‘n gr. 11-leerder van Hoër Seunskool Jeppe, het Maandag in Brakpan na ‘n rugbywedstryd teen Hoërskool Die Anker gesterf.
Steve Mabona, die woordvoerder vir onderwys in die provinsie, sê die LUR, Matome Chiloane, het sy hartseer oor die leerder se dood uitgespreek.
Na bewering het die seun nie wel gevoel na die wedstryd nie. Paramedici by die wedstryd het hom volgens Mabona probeer stabiliseer en ‘n ambulans ontbied. Die seun is kort na die ambulans se aankoms oorlede.
Sielkundige ondersteuning word deur die departement aan beide skole gebied.
“We are grateful to the South African Depression and Anxiety Group (SADAG) for also availing their services for additional support at the school.”
Die skool het sy afsterwe op hulle sosiale media geplaas:
We are heartbroken to share the news of the passing of one of our learners, Kaiden Bowie (Grade 11 Koodoo) who tragically passed away yesterday afternoon.
Further information regarding his memorial service will follow in due course.





