Leerlinge beseer toe minibustaxi pad verlaat

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Ongeveer 15 skoolleerlinge is beseer toe hulle vervoer Maandagoggend net na 11:00 op die M4-noord, net voor die M41 in Umhlanga, beheer verloor en in bosse beland het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die minibus het onverklaarbaar beheer verloor, voordat dit die pad verlaat en in die bosse tot stilstand gekom het. ‘n Asseseringspunt is opgestel en meer ambulanse en gevorderde lewensondersteuningsparamedici is ontbied.

Jamieson sê ongeveer 15 skoolleerlinge, tussen 10 en 14, het matige tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en daarna vir verdere mediese behandeling na verskeie Durban-hospitale vervoer.

Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief