SENTRAAL-AFRIKAANSE REPUBLIEK. – 29 leerlinge wat besig was met eksamen is Woensdag dood in ’n stormloop nadat ’n ontploffing naby paniek gesaai het.
Lees ook: Elf mense dood tydens vierings ná krieketwedstryd
Die hospitaaldirekteur van die Bangui-gemeenskapshospitaal, Abel Assaye, het gesê ’n ontploffing by ’n elektrisiteittransformator het paniek onder die leerlinge gesaai.
Leerlinge van vyf verskillende skole was by die Lycée Barthélémy Boganda vir die eksamen. Volgens die onderwysminister het die ontploffing plaasgevind toe krag herstel is ná die elektrisiteittransformator op die grondvloer van die gebou herstelwerk ondergaan het. Altesaam 280 leerlinge is in die stormloop beseer toe die leerlinge probeer vlug het.
President Faustin-Archange Touadéra het ’n tyd van nasionale rou aangekondig en beveel dat die beseerde leerlinge gratis behandeling in ‘n hospitaal ontvang.
Bronne: BBC, IOL, The Nation





