Brekende Nuus
Afrikaans

Leeumannetjie na aanval van kant gemaak

Hy beweer twee rondloperleeus, een mannetjie en een wyfie het vermoedelik uit die Botswana na die streek gekom.

Leeumannetjie na aanval van kant gemaak. Foto ter illustrasie: Canva
Leeumannetjie na aanval van kant gemaak. Foto ter illustrasie: Canva

NAMIBIË. – ’n Leeumannetjie is Maandag in die Zambezi-streek geskiet nadat hy ’n persoon aangeval het.

Volgens Romeo Muyunda, ministeriële woordvoerder, is Likando Mambeno, oorspronklik van die Cowburn-area, deur die leeu aangeval. Hy het geringe beserings opgedoen.

Hy beweer twee rondloperleeus, een mannetjie en een wyfie, het vermoedelik uit Botswana na die streek gekom. Hulle het lewende hawe in die omgewing gevang.

Die leeuwyfie het gevlug toe die mannetjies geskiet is. Sy word tans nagespoor. ’n Ondersoek is begin.

Bronne: Namibian Sun, The Namibian